Noordskool Toelatingsvereistes

1Ouers van kinders wat vir die eerste keer by die skool wil inskryf, moet by die skoolhoof aansoek doen om toelating van ‘n kind as leerder tot die skool.


2Goedkeuring vir toelating is onderhewig aan die ouderdomsvereistes soos bepaal in artikel 50 van Wet 70 van 1988. ‘n Leerder mag ook nie meer as twee jaar ouer wees as die gemiddelde ouderdom van die graadgroep waarvoor aansoek gedoen word nie.


3Ouers verklaar dat hulle hulle vereenselwig met die Christelike karakter van die Afrikaanse kultuur-aard van die skool en Afrikaans as voertaal aanvaar. Ouers verbind hulle ook daartoe, dat leerders deelneem / meedoen aan die godsdienstige, kulturele, kurrikulêre en buite-kurrikulêre aktiwiteite wanneer die genoemde aktiwiteite by die skool beoefen word.


4Alle leerders en hulle ouers/voogde onderneem om die neergelegde skoolreëls na te kom en aanvaar ook die skool se dissiplinêre beleid en dissiplinêre maatreëls soos deur die beheerliggaam bepaal.


5Leerders wat toegelaat word moet aan die akademiese vereistes van die spesifieke graad voldoen.


6Die onderrigmedium van die skool is Afrikaans.


7Leerders vanaf ander skole moet ook ‘n aanvaarbare amptelike bewys van goeie gedrag en skolastiese vordering van sodanige skool kan lewer.


8Ouers verbind hulle kinders tot deelname aan die totale kurrikulum van die skool en onderneem om toe te sien dat alle klasse en aktiwiteite gereeld bygewoon word.


9Leerders binne die skool se voedingsgebied, sal by aansoek om skooltoelating, voorkeur by toelating geniet.


10Ouers/voogde wat die aansoekvorm onderteken is verantwoordelik om die finansiële verpligtinge, soos in die aansoekvorm bespreek, stiptelik na te kom.


11Aansoekers sal by aanvaarding van die aansoek ‘n registasiebedrag soos deur die beheerliggaam bepaal, betaal wat van die verskuldigde bedrag skoolgeld afgetrek sal word.


12Dit word van elke leerder verwag om eerstens vir die skool se sportspanne beskikbaar te wees voordat buite-deelname oorweeg word.


13Die beheerliggaam behou die reg van uitsetting voor vir leerders langs die amptelike weë op grond van swak of wangedrag.