![]() |
![]() |
![]() |
Norienes Kleuterskool bestaan al reeds 9 jaar lank. Die kleuterskool was eers op laerskool Krugersdorp Noord se terrein, maar het in Januarie 2012 sy deure geopen op 'n nuwe perseel - H/V Buiten en Derde Strate, Krugersdorp Noord.
Daar is tans ongeveer 130 kleingoed wat daagliks by ons skool gaan. Die skool bestaan tans uit die volgende klasse:
1 x 3-4 jaar klas
2 x Graad RR klasse
3 x Graad R klasse.
Ons bied leerlinge ook 'n naskool gerief.
Klasse by Norienes word aangebied volgens die K.A.V Kirrikulum.
Ons bied kleingoed ook buitemuurse aktiwiteite!
Norienes se buitemuurse aktiwiteite sluit in: wiskunde, gimnastiek, musiek, Engels, rekenaars, Play Ball, balet en Rugby.
Ons bied bedags 'n tuiste vir die kleuter, weg van die ouerhuis. Hier werk en speel ons heerlik! Hier begelei ons die kleutertjie van 'n eiertjie tot 'n leiertjie!
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |










