Noordskool het 'n naskool-sorgsentrum om die leerders, wat nie na skoolure na hulle onderskeie huise kan gaan nie, te akkommodeer. Die naskool-sorgsentrum is daagliks van Maandae tot Vrydae vanaf 13:00 tot 18:00 oop. 'n Ligte middagete en koeldrank word voor studietyd aan die leerders voorsien. Studietyd strek vanaf 14:00 tot 15:00 en indien huiswerk nie voltooi is nie, sal verdere reëlings getref word. Na studietyd ontvang die leerders weer 'n vrug en koeldrank en word toegelaat om te speel of om TV te kyk. 'n Snoepie is ook vir die leerders beskikbaar.
Toegangsbeheer word streng toegepas en ouers moet leerders uitteken. Reëlings moet vooraf getref word wanneer leerders deur 'n ander persoon afgehaal word.
Die fooie beloop R570 per leerder en word jaarliks aangepas. Die belang van die leerder kom eerste op ons lys en ons streef daarna om dit sover as moontlik na te kom.