Noordskool Kommunikeerder

Noordskool mag gereeld belangrike kennisgewings en/of aankondigings aan ouers op ons webtuiste plaas. Nie alle ouers het altyd die geleentheid om ons webtuiste gereeld te besoek nie. Om ouers op hoogte te hou van belangrike sake, het ons ons nuwe Noordskool Kommunikeerder vrygestel. Die Noordskool Kommunikeerder is 'n sagteware program wat ouers op hul rekenaars kan installeer. Die program sal namens ouers on webtuiste monitor en dadelik u laat weet sodra nuwe aankondigings beskikbaar is. Ouers kan dan die aankondiging lees sonder om ons webtuiste te besoek.

 

Hoe Werk die Program?

Ouers kan die program hier aflaai en dit aktiveer deur twee maal daarop te druk. Die program word geinstalleer op u stelsel, en benodig wel 'n Internet konneksie. Ouers kan self besluit en die program instruksies gee hoeveel maal per dag dit mag soek vir nuwe aankondigings. Ouers kan selfs die program stel om self te begin werk sodra die rekenaar af en weer aangeskakel word.

 

Die Noordskool Kommunikeerder sal dan, in die agtergrond, gereeld soek na nuwe aankondigings. Sodra aankondigings geplaas word, sal die program self open met die nuwe aankondiging. Ouers het nie nodig om ons webtuiste te besoek om die nuwe aankondigings daar te lees nie. Die Noordskool Kommunikeerder sal dit namens u doen!

 

Hoeveel Kos die Program?

Noordskool Kommunikeerder is gratis aan alle Noordskool ouers, leerlinge en onderwysers.

 

Waar kan Ek die Program Kry?

U kan die Noordskool Kommunikeerder aflaai deur hier te druk.

 

Hoe Word die Program Geinstalleer?

Sodra die program afgelaai is, kan u dit open en twee maal op dit druk (Double Click). Die program sal nou voortaan in u Ikoon Laai (gewoontlik heel onder regs of links van u skerm) gestoor word.

 

Hoe kan Ek die Program Stel?

Soek na die Noordskool Kommunikeerder ikoon in u Ikoon Laai. Dit lyk as volg:

Met u muis knoppie kan ek regs-druk op die ikoon. Van hier kan u die program aansit, afsit, verwyder of selfs stel wanneer dit moet soek vir nuwe aankondigings en of dit self moet aktiveer wanneer die rekenaar af en aangesit word.