Welkom by ons Graad 6 bladsy. Hier kan ouers meer lees oor ons Graad 6 onderwysers en onderwyseresse wie toevertrou is met die opvoeding van u kind.
Ons Span
Die personeel hieronder is verantwoordelik vir ons verskeie Graad 6 klasse.
Al die geduld wat ek opgebruik het, word die moeite werd as jy die tevredenheid en blydskap in 'n kind se oë sien wanneer hy/sy jou raad volg en sukses behaal het! - Retha Hattingh.
Albei my ouers het onderwys geswot, en dit het sekerlik 'n invloed op my keuses gehad. Dit is vir my lekker om met kinders te werk. Om hul vordering te sien is bevredigend. Dit is 'n bestendige beroep vir my as vrou. Ek het baie aan sport deelgeneem en ek rig tans verskeie sportsoorte af. - Christien du Buisson.
Die onderwys is en was soos 'n handskoen wat my gepas het. Akademie en sport loop vir my hand aan hand. Die onderwys het my as mens vaardighede, toewyding en volharding geleer. - Jacques Labuschagne.
Ek is 'n passievolle onderwyser wat in elke kind wat voor my in die klas sit se lewe 'n verskil wil maak. Dit is vir my uiters belangrik dat elke kind sy volle potensiaal sal bereik, want 'n goeie geleentheid is vandag belangriker as ooit in ons wêreld. - Gerhard Erwee

