Welkom by ons Graad 5 bladsy. Hier kan ouers meer lees oor ons Graad 5 onderwysers en onderwyseresse wie toevertrou is met die opvoeding van u kind.
Ons Span
Die personeel hieronder is verantwoordelik vir ons verskeie Graad 5 klasse.
As onderwysers het ons die voorreg om elke dag met God se koningkryk te werk. Om te sien hoe elke kind groei en ontwikkel is 'n groot geskenk! - Andri Palk
My grootste motivering is om alle kinders te leer dat beweging hormone in jou brein vrystel wat jou goed laat voel! Die sogenaamde "Feel-Good-Hormone" sal ons kinders positief maak vir die toekoms en hopelik 'n beter môre vir almal teweeg bring. - Rinde Govea.
My passie vir onderwys is om met glimlaggende gesiggies elke dag te werk, en al die drukkies en liefde aan hul oor te dra en die se-goed van die leerlinge te geniet! - Saartjie Nel
Ek hou skool omdat God dit so bepaal het. Ek glo ek is presies waar Hy my wil hê, om my talente tot Sy eer te gebruik. - Tersia Schoeman
My passie is om positiewe leiding en ondersteuning vir leerders te bied, asook om nuuskierigheid te kweek wat tot 'n beter verstandigheid van die wêreld om hulle sal lei. - Heinrich Dieter Zerbe

