Welkom by ons Graad 4 bladsy. Hier kan ouers meer lees oor ons Graad 4 onderwysers en onderwyseresse wie toevertrou is met die opvoeding van u kind.
Ons Span
Die personeel hieronder is verantwoordelik vir ons verskeie Graad 4 klasse.
My filosofie vir die onderwys hou verband met my lewensfilosofie. Goeie onderwys wat moeite en harde werk vereis bied geleentheid vir almal om uit te blink en volle potensiaal te bereik. Ek glo leerders moet met kreatiewe idees gekonfronteer word om sukses te behaal.
Wat 'n voorreg om elke dag deur kinders omring te wees! Dit is my passie om in hulle 'n liefde vir ons pragtige taal te kweek, sodat hulle daarna hunker om meer daarvan te lees en leer! - Rianza Gouws.
Om die blydskap in kinder-oë te sien as hulle jou gewaar, kinder-armpies om jou lyf te voel, ‘n natgeswete lekkertjie of tuisgemaakte briefie op jou tafel te kry en te weet ek maak ‘n verskil al is dit net in een kind se lewe… Dis hoekom ek skoolhou! - Elmarie van der Walt
Wat anders as ‘n onderwyseres sou ek word… Ek het dan kleintyd die slimste poppe in die dorp gehad! Om met die ware Jakob te werk is egter baie meer bevredigend. Die verwondering op gesiggies is ‘n beloning. Ek is bevoorreg om my kinderdroom elke dag uit te leef. - Hannelie Niemand

