Om hier te kan staan as hoofseun van Noordskool, is ‘n wonderlike eer en ‘n baie groot voorreg.
Al die eer gaan aan die Here, ek voel so geseend! Ek onderneem om my uiterste bes te gee vir ons skool, onderwysers en maats, en te lei deur ‘n goeie voorbeeld te stel.
Baie dankie aan almal wat soveel vertroue in my stel, dit laat my nederig en dankbaar voel. Sjoe! – ek is opgewonde oor die groot taak wat vir ons as leiers voorlê! As ‘n sterl span sal ons Noordskool lei.
Aan al my leier-maats, as ons saam werk, sal ons saam wen! - Jeandrè Swanepoel
Boodskap van die Hoofseun

