Dit is vir my ‘n groot voorreg om hier voor julle te kan staan en dankie dat julle my met so ‘n groot verantwoordelikheid vertrou. Ek belowe om my beste te doen en altyd die skool se naam met trots te dra. Aan my mede leiers, ons is ‘n ongelooflike groep en ek weet ons gaan baie lekker saamwerk. Ek sal na die beste van my vermoë en met die talente wat die Here vir my gegee het hierdie taak wat voorlê aanpak! - Mishcà Van Niekerk
Boodskap van die Hoofdogter

