Welkom by ons ander personeel bladsy. Hier kan ouers meer lees oor ons ander personeellede wie betrokke is met die onderrig van u kind, bestuur en administrasie van ons skool.
Ons Span
Die personeel hieronder is verantwoordelik vir die onderrig van kinders in verskeie grade, en ook vir die bestuur and administrasie van Laerskool Krugersdorp-Noord.
Ons Hoof

Ons AdjunkHoof

Ons DPJ
My passie vir die onderwys is kinders. Ek gee baie om vir kinders en hou daarvan om deel te wees van hul lewens,veral om te sien hoe hulle groei en ontwikkel en wat hulle dan bereik! - Carien Grobler.
Ons DPO
As ek net elke dag ‘n positiewe verskil in ‘n kind se lewe kan maak en ‘n kind laat spesiaal voel dan het ek met passie skoolgehou en dit is ”priceless!!” - Stephanie Spies
Die onderwys is en was soos 'n handskoen wat my gepas het. Akademie en sport loop vir my hand aan hand. Die onderwys het my as mens vaardighede, toewyding en volharding geleer. - Jacques Labuschagne.
Ons DPS
Ek het van jongs af die drif om kinders, veral laerskoolkinders, te onderrig. My ouers was boere. Ek het menigmaal na skool die plaaswerkers se kinders, wat nie skoolgegaan het nie, onderrig. - Christa Rossouw
Ons Rekenaars Personeel
Ek wil ‘n verskil maak in kinders se lewe, en onderwys bring baie lag en mooi herinneringe. - Marinana Smit
Ons Kuns Personeel

Ons Musiek Personeel

Ons Studente
Ek het 'n passie vir kinders en wil in elkeen se opvoeding 'n positiewe verskil maak. - Me. A Van Wyk
Onderwys is ‘n passie vir baie ervare mense, maar hoe weet jy wat ‘n passie is as jy so jonk is? Dit het seker begin in Graad 1 toe ek my broer se ou skrifte vir hom gemerk het. Ek myself het baie rolmodelle in my 12 jaar op skool gehad. Ek kan maar net hoop om eendag daardie rol in te neem! – Francois Van Tonder
‘n Onderwyser is een van die belangrikste figure in ‘n kind se lewe. Dit is iemand wat die siel van ‘n kind verstaan en hom aanmoedig, bemoedig en tot hoër hoogtes inspireer. – Rinus van Eeden
Die onderwys is elke dag vir my 'n nuwe uitdaging en dit hou dit interessant. Ek geniet dit om voor 'n klas te staan en te sien hoe die kinders se oë op helder as hul iets verstaan en wanneer hulle tevrede is met die punt wat hul in 'n toets verdien het. Sport is vir my die beste deel van die onderwys, want dit leer elke kind op sy eie manier hoe om selfstandig asook in 'n span saam te werk tot 'n doel. - Jean-Pierre Castanho
Ek glo die onderwys is 'n gawe aan ons as onderwysers gegee van ons Hemelse Vader en is daar slegs 'n handjie vol mense met al die nodige eienskappe en vaardighede. Onderwysers is mentors, sielkundiges en somtyds ouers ook. Sport is ook 'n groot liefde van my om kwaliteit tyd saam leerders op die sportveld te spandeer en hul talente te verbeter. - Juandre Aspeling
Ons Admin Personeel
Dit is vir my 'n besondere voorreg om u van hulp te wees by ontvangs, asook telefonies!
Ek is die skoolhoof se sekretaresse en doen ook 'n verskeidenheid van administratiewe pligte, onder andere tikwerk en krediteure. - Elize Redelinghuys.
Ek ontvang die skoolfonds en verkoop buskaartjies en skoolklere. Ek verkoop ook allerhande snuisterye vir die kinders en grootmense. Kom kyk gerus! - Rosina Theron.
My verantwoordlikhede behels die boekhouding van die skool.
Vir jou kind se skoolklere kan jy kom aanklop by Sakpas Klerekas. Ek hou jou ook weekliks op hoogte van alle nuus in die Oor-ie-Norie. Benodig jy breekware vir ‘n funksie kan jy dit by my kom huur. Ek sorg dat die distrikskantoor gelukkig bly met ons skool se statistieke.
Omdat skole die beste vir alle kinders wil gee, is daar natuurlik finansies nodig om hierdie taak te vergemaklik. Dit is dan my plig om te verseker dat ouers hulle plig ten opsigte van skoolfonds nakom om te verseker dat die beste vir elke leerder gegee kan word. - Christa Joubert.
Ons Aflos Personeel
Uitslae
Geen Nuus of Aankondigings Beskikbaar nie

